Die Klubhuis

 Die Oewerklubsaal is beskikbaar vir troues en ander funksies en kan 60 gaste akkommodeer.

Hierdie pragtige grasdak gebou is toegerus met ‘n ruim kombuis met ‘n “serving hatch” waarin ‘n yskas, stoof en ingeboude kombuiskaste is, sowel as opwasarea.  Daar is drie lugverkoelers binne die saal.  In die hoek naaste aan die kombuis is daar ‘n baie mooi en groot kroeg/opdien toonbank vir bediening.   Daar is ook toiletgeriewe binne die saal en ‘n pretpark vir klein kinders reg langsaan die saal.  Buite die saal is daar ook braaigeriewe beskikbaar.

Die saal is ideaal geskik vir troues, onthale, verjaarsdae, huweliksherdenkings, toekenningsaande, matriekafskeid,
bikers ontbyt, jaareind funksies, damestee met motiveringsprekers, konferensies en spanbou, kaas en wyn geleenthede,kunsaande, kinderpartytjies, lentedans, sop en sherry aande, valentynsetes, fliekaande, vadersdag/moedersdag etes, oupa en ouma aande, potjiekos kompetisies, kombuistee, ooievaarstee, ens.

 ___________________________________________________________